Dames Studente Woning in Wellington

Welkom by Suikerbossie

Suikerbossie Dames Studente Woning is ’n groot en gemaklike, volledig gemeubileerde huis. Ons is gerieflik geleë in Malherbestraat, reg oorkant die Universiteit.

Die huis beskik oor 17 kamers en huisves tans ’n totaal van 27 studente.

Beskikbare Kamers

Suikerbossie het 11 deelkamers en 6 enkelkamers beskikbaar.
Daar is 4 badkamers (7 storte, 5 toilette, asook 1 bad).

Let wel: Die foto’s gee ’n algemene indruk van wat om te verwag, maar beeld nie noodwendig jou spesifieke kamer uit nie.
Beddegoed word nie voorsien nie.

Wat word ingesluit:

Fibre-internet

Netflix & Amazon Prime 

Water en elektrisiteit

Huishulp (algemene areas 3 keer per week)

UPS-stelsel om internet en sekuriteitskameras tydens kragonderbekings aan te hou.

Gemeenskaplike areas:

Twee volledig toegeruste kombuise
(Let daarop dat jy jou eie potte, eetgerei en kos moet voorsien.)

Sitkamer met tafel en stoele en TV kamer

2de TV kamer

Wasgeriewe met ‘n wasmasjien en tuimeldroër

Braaikamer met tafel en stoele

Veilige binnehof met tafels en stoele onder ‘n afdak

Beskikbaarheid en huurvoorwaardes:

Kontraktermyn: 
12 maande
(Januarie tot Desember 2026)

Deposito: 
1 maand se huur + R500 administrasiekoste en R250 vir breekware en sleutels.
Hierdie deposito sal in ‘n 32-dae rekening gehou word en aan jou terugbetaal word met rente, mits huur betyds betaal is, daar geen skade is nie, en die sleutel betyds terugbesorg word.

Kamerpryse vir 2025:

  • Groot dubbeldeel kamers: R4180 p.p./maand
  • Klein dubbeldeel kamers: R4050 p.p./maand
  • Enkelkamers: R4850 /maand

Beskikbaarheid en huurvoorwaardes:

Kontraktermyn: 
12 maande
(Januarie tot Desember 2026)

Deposito: 
1 maand se huur + R500 administrasiekoste en R250 vir breekware en sleutels.
Hierdie deposito sal in ‘n 32-dae rekening gehou word en aan jou terugbetaal word met rente, mits huur betyds betaal is, daar geen skade is nie, en die sleutel betyds terugbesorg word.

Kamerpryse vir 2025:

  • Groot dubbeldeel kamers: R4180 p.p./maand
  • Klein dubbeldeel kamers: R4050 p.p./maand
  • Enkelkamers: R4850 /maand

Belangrike notas:

Algemeen:

    • Suikerbossie het geen affiliasie met die universiteit of ander instansies nie.
    • Huur is steeds betaalbaar gedurende ‘n moontlike “lockdown”. Studente kan aanlyn studeer vanuit Suikerbossie.
    • Slegs dames word toegelaat.
    • Geen mans word in die huis toegelaat nie.

Beursstudente:

    • Huurgeld is betaalbaar teen die 1ste van elke maand.
    • Indien jou beurs my direk betaal, sal ek jou terugbetaal.
    • Ek neem geen verantwoordelikheid vir die indiening van beursdokumente nie.
    • Neem asseblief kennis dat Suikerbossie nie NSFAS-geakkrediteer is nie.

Gereed om aansoek te doen?

Klik die “download” knoppie hieronder om die aansoekvorm af te laai.

Vul die vorm op jou rekenaar in, of jy kan dit print en scan.

Stuur die voltooide vorm terug na hallo@suikerbossiehuis.co.za.

Sluit in met jou e-pos:

  • ‘n kleur foto van die student wat aansoek doen;
  • afskrif van student se identiteitsdokument of geboortesertifikaat;
  • afskrif van ouer/voog se identiteitsdokument;
  • bewys van verblyf.

Indien jy enige vrae het voor jy aansoek doen, kontak ons gerus op hallo@suikerbossiehuis.co.za

© 2026 Suikerbossie. All Rights Reserved | Love our website? Check out Vasti Visser.